|
Die naam Avello beteken in Latyn om te verander, of om weg te skeur. Dit is presies Avello se leuse om anders te wees as die res van die landbou chemiese bedryf. Avello is ‘n maatskappy met sy hoof kantore in Modimolle (voorheen Nylstroom) waarvan die hoof aktiwiteit die bemarking van landbou chemikalieë behels, deur middel van ‘n konsessiestelsel. Avello het sy ontstaan te danke aan samesprekings en onderhandelings met verskeie multinasionale maatskappye en plaaslike vervaardigers om sodoende ‘n omvattende produkreeks met toegewyde tegniese ondersteuning te verseker. Ons Missie Avello fokus op die bemarking van landbou chemikalieë, verwante produkte, voorligting en probleem oplossings aan die landbougemeenskap deur ons konsessie netwerk om sodoende volhoubare welvaart te skep vir konsessiehouers, verskaffers, kliënte, aandeelhouers en werknemers. Kern waardes Om die uitdagings wat die landbou aan die landbou chemiese industrie bied, doeltreffend te aanvaar, het Avello die volgende kernwaardes gaan definieer: - Verkope slegs aan kredietwaardige kliënte. “Sales is vanity, profit is sanity, but cash flow is reality”. Bedryfsoorsig Die plaagbeheer industrie is die afgelope aantal jare gekenmerk deur transformasie en rasionalisering van die verskaffer- en vervaardigingskant deur verskeie samesmeltings en oornames om steeds kompeterend te bly in ‘n krimpende mark met al hoe meer toetreders met generiese produkte.
|
||||||
|
Ontwerp deur Equadoor
|
||||||