Produkte & Dienste

Avello het ‘n volledige produkreeks van ʼn verskeidenheid verskaffers en kan aan die produsent se volle landbou chemiese behoefte voorsien vanaf die stadium wat ʼn gewas in die grond gevestig word tot by die punt van verpakking en bemarking. Produkte sluit ook in onkruiddoders, insekdoders, swamdoders, aalwurmdoders, byvoegmiddels, groeireguleerders, blaarvoedings en mikro-elemente.

Vaardighede

Avello plaas ʼn groot premie op die vaardigheid van alle betrokke personeel,verteenwoordigers en konsessiehouers. Juis hierom word opleiding gereeld gedoen ten opsigte van gewasse, produkte, verkope en spanbou. Avello is trots daarop dat die verkoopspan gesamentlik 350 jaar ondervinding het in die landboubedryf.

Integriteit

Avello spreek hom sterk uit ten gunste van orde en geloofwaardigheid in die landbou chemiese bedryf en is ook lid van ACDASA. Avello versprei voorts slegs produkte van verskaffers wat geaffilieer is by Crop Life SA.

 

line1 © 2007 - 2011. Avello (Edms) Bpk. Alle regte voorbehou.

[Tuis] [Meer oor Ons] [Produkte & Dienste] [Spuitprogramme] [Takke] [Verskaffers] [Skakels] [Kontak Ons]

Ontwerp deur Equadoor
Webmeester